Oë Kan Jok

Ek is in ‘n woestyn,
En hier lê ‘n kis.
My kop pyn,
En ek weet nie waar ek is…

Ek maak die kis oop,
Daar lê iets om te drink!
Dit lyk half bruin,
Maar goed genoeg, ek dink…

Ek probeer dit vat,
Maar my hand gaan reg deur!
Ek sien dit tog daar?
Wat kan my keer…

Ek maak my oë toe,
En tel tot by tien.
Toe ek dit weer oop maak,
Kon ek dit nie meer sien…

oog


Written by Louis van Niekerk on 12 January 1999


 

Nogsteeds ‘n Boer

As jy in my oë in staar
En my oer oue siel beloer,
Dan kan jy sien dit is waar.
Jy staar na die gees van ‘n boer.

Al woon ek nou in ‘n stad
En hier is nou my loopbaan,
Stap my gees nog met ‘n lat
En jaag die beeste rustig aan.

Hard het my volk geword
Deur die dorings van die land,
Maar altyd kos in ons bord
En die Here aan ons kant.

Swaar is hierdie lewe nou,
Maar my boerehart is sterk.
Net aan God bly ek trou,
Saam sal ons die land bewerk.

Al sê mense ons het verander
En die boer is daarmee heen.
Op ons biltong is nog koljander
En ons bid nogsteeds vir reën.

Luister na die woorde uit my mond
En kyk nog eenkeer vir oulaas.
Sien, diep in elkeen van ons se grond,
anker ons wortels aan ‘n plaas.
me white


Written by Louis van Niekerk on 24 June 2010


Net ‘n Bietjie Wegkom

As ek moeg word vir die lewe in die stad,
En as als net te veel lawaai,
Dan wil ek net ver weg wees van alles
Iewers waar ek die gewig kan aflaai.

Ek wil vars strome sien en watervalle,
Berge tussen die wolke en kranse so hoog.
Die reën wat val op die groen velde,
En wild wat wei onder ‘n reënboog.

Dit is asof natuur jou mens weer genees,
Jou snye en wonde als heelmaak.
In die volle teenwoordigheid
Van God se skepping juig jou gees!
wildbanana


Written by Louis van Niekerk on 20 December 2009


 

Natuur

Natuur is mooi,
Die son is rooi.
Blare is groen,
Soos ‘n wartlemoen.

Party bome is honderde jare oud,
En in die see is daar baie sout.

Daar is ook baie diere,
En insekte soos miere.
In die see is daar visse,
En op land akkedisse.

Maar al is alle diere mooi,
Het elke dier ‘n vyhand en prooi.

natuur


Written by Louis van Niekerk on 28 May 1997


 

My Perd

My ou vriend sal my altyd dra.
Maak nie saak hoe swaar ek raak.
Hy sal ook nooit nie kla,
Al word hy ook hoe vaak.

Hy’t my nodig elke dag,
Saam vat ons die myle aan.
Ek vertrou op sy gespierde mag,
Soos die wind hardloop ons onder die maan.

Van berg na berg ek op sy rug
Trek ons oor die Afrika land.
Onder die warm son en blou blou lug,
Lei ek hom na water oor die droë sand.

Hy help my met my lewens reis,
En met hom is ek nooit alleen.
Hy neem my ver, en bring my tuis.
Altyd saam bly ons geseën.
perd


Written by Louis van Niekerk on 30 May 2010


 

My Oupa Se Plaas

Op my oupa se plaas,
Is daar min geraas.
Hy het varke, beeste en skape,
Hy het perde, maar geen ape.

Al die werkers is perdfris,
Blitz, die perd, is vir my een wat baie werd is.
Want jy moet hom eers vang en dan ry,
En dit is baie lekker vir my!

Daar is ook hase, voëls, pluimvee en honde.
My oupa kry net verskillende kosse vir verskillende monde.
Deemount en Koppie-Aleen is die plase se name,
En die is nie plekke vir ‘n dame.

Almal sal daardie plase will hê,
Maar daar is ook gevare wat daar lê.
Die jakkals en die slang,
Maar wie is nou vir hulle bang?

My maats daar is Nigel en Mornè,
En hulle al twee is oukei.
Die twee plase van Kokstad op hul trone,
Is een van my grootste drome.

farm


Written by Louis van Niekerk on 19 December 1998


 

My Ouma

My ouma is ‘n bakker,
Dis al wat ek wil sê.
Want as ek daar aankom,
Is dit beskuit wat daar lê.

Haar kombuis is altyd warm,
die oond op vol stoom.
Dan tref my nog ‘n walm,
Van soetkoek en room.

My ouma maak die lekkerste melktert
en haar koeksusters is soet.
Dis die moiete werd,
Om vir ouma te gaan groet.
ouma


Written by Louis van Niekerk on 10 August 1998


 

Mooi Meisie, Mooi Seun

As ‘n mooi meisie so sit,
In haar kleertjies so wit,
En jy dalk van haar hou.
Vat haar na die skou!

As ‘n mooi seun so sit,
Besig met ‘n som.
Bel hom eendag,
Sê jy’s mal oor hom!

hok


Written by Louis van Niekerk on 12 January 1999


 

Moedersdag

Vandag is die negende Mei,
En dit beteken Moedersdag vir my.
Ma, gelukkige Moedersdag,
En ek hoop ma sal vandag lag;
Van piere plesier,
Omdat ons Moedersdag vier!

Hierdie dag is spesiaal vir al die moeders,
Sodat mense hulle kan wardeur met al hul goeters.
Ek hoop ma geniet die res van die dag,
En ma moet alles geniet tot in die nag.
Ons is baie, baie lief vir ma,
En nou is my ou gediggie klaar.

troupant


Written by Louis van Niekerk on 09 May 1999


 

Ma se Verjaarsdag

Gelukkige verjaarsdag ma
En dit sê ons soos ‘n feit
Van ek, broers en pa
Uit ons harte uit.

Verjaarsdae is hier
Om kwaadheid te keer,
Maar net vir 24 uur,
So jy beter dit wardeur.

Op jou verjaarsdag moet jy koek eet
En enige iets wat jy lus het voor,
Maar dan moet jy jou boep meet
En ‘n bietjie gewig verloor.

Jy verjaar op jou geboorte dag,
En jy veroud met ‘n jaar.
Op jou verjaarsdag moet jy lekker lag,
En gelukkig bly net daar.

Vir die spesiale een,
Sê ons gelukkige verjaarsdag
En ons hoop dit sal nie reën.
Sodat die sonlig lekker kan lag!

paint


Written by Louis van Niekerk on 21 May 1999