My ouma is ‘n bakker,
Dis al wat ek wil sê.
Want as ek daar aankom,
Is dit beskuit wat daar lê.
Haar kombuis is altyd warm,
die oond op vol stoom.
Dan tref my nog ‘n walm,
Van soetkoek en room.
My ouma maak die lekkerste melktert
en haar koeksusters is soet.
Dis die moiete werd,
Om vir ouma te gaan groet.
Written by Louis van Niekerk on 10 August 1998