Wilde Bos

Die valk vlieg hoog in die lug.
Die bosluisvoël ry op die buffel se rug.
Die krokodil dryf by die rivier af.
Die aap spring, klim en skree laf.
Die bye zoem in die blomme.
Die boom laat drip sy gomme.
Die miere eet die blare.
Die sonlig skyn deur spinnerakgare.
Die kameelperd buk om te drink.
In die verte raas ‘n fink.
Die vlakvark lê in sy gat in die grond,
En die arme skilpad fruip daar rond.
Op die grond syl ‘n lang groen slang,
Maar die brawe meerkat is nie bang.
Duisende goggas en diere is hier los,
In die groot, gevaarlike bos.

hornbill


Written by Louis van Niekerk on 04 September 1999


 

Weereens Koud

Dit voel asof die son nooit weer sal opkom nie,
Dit reën net dag na dag na dag.
Niemand sal my of die weer ooit kan opsom nie,
Want hulle sien net my sagte glimlag.

Die winters is nat en ysig koud,
En die somers voel so kort.
Bewolkde lug los my siel benoud
En selfs my hart begin nou soos ys word.

Ek begin verstaan waarom ons voorvaders gevlug het,
Van die wit Europa velde,
En in Afrika hulself gaan stig het,
Vry met hulle gewere in hulle belde.
100_5688


Written by Louis van Niekerk on 21 February 2010


 

Waarheen gaan jy?

“Waarheen gaan jy?”
Vra Jan vir my.
Kom net saam,
Ons gaan kry gou graan.

“Waarheen gaan jy?”
Vra Lee vir my.
Kom net saam,
Iemand is in kraam.

“Waarheen gaan jy?”
Vra Piet vir my.
Kom net saam met ons,
Voor jy als bedons.

“Waarheen gaan jy?”
Vra ‘n meisie vir my.
Hou jou mond,
Ons loop net rond.

“Waarheen gaan jy?”
Vra Ben vir my.
Volg ons net,
Dis lekker pret.

Toe vra almal: “Waarheen gaan jy?”
Iewers waar niemand my kan kry!!!

time


Written by Louis van Niekerk on 26 June 1997


 

‘n Vriend

‘n Vriend was jy deur dik en dun,
‘n Vriend was jy deur meer en min.
‘n Vriend was jy nog altyd vir my,
‘n Vriend sal jy ook altyd bly.

heart


Written by Louis van Niekerk on 25 July 2000


 

Vat Sy Goed En Trek

Jan het weggeloop toe hy dertien was,
Hy’t al sy goed geprop in sy tas:
Pet, mes, tou, beursie en windbuks
Ook horlosie, vuurhoutjies en verder niks.
Hy het saam met iemand gery tot by Windhoek.
En daar op ‘n plaas gaan werk soek.

Die eensame oom gee hom ‘n kamer om in te bly.
Toe het Jan gedink hy is nou vry.
Jan het daardie aand begin verlang,
En hy was nog ‘n bietjie bang.

Die volgende dag het hy begin werk,
Hy het die beeste gebrandmerk.
Jan was moeg vir die stadsjapie,
Wat hy wou word is ‘n boereknapie.
Jare lank het hy gelukkig gewerk op die plaas,
Saam met oom Paul sy baas.

Maar toe hy 20 was het hy in die huis begin bly,
Want sy baas, Paul, was deur ‘n trok omgery.
Jan het die plaas geërf en gelukkig gebly.
Nie eers sy ouers kon hom van die plaas skei.
Want hy het eenkeer gebel en gevra,
Net hoe gaan dit met hulle daar!
Hulle was opgewonde en bly.
Want hulle het nog ‘n baba seuntjie gekry.
Gelukkig het hy gebly met sy wegloopspet,
Op sy plaas wat hy verniet gekry het.

fields


Written by Louis van Niekerk on 09 April 2000


 

Twintig Jarige Akkerboom

Toe ek vyf was,
Het ek ‘n akker gehad.
Ek het hom hom in my tas gehou,
Want ek het hom gekry by ‘n maat.

Hy was so waardevol vir my,
Ek begrawe hom onder die grond.
Maar toe ek hom soek,
Kry ek net ‘n klont.

Vandag is ek vyf en twintig,
En ek ry verby my ou huis.
Ek sien ‘n akkerboom in die erf,
Toe voel my hart weer tuis.

boom


Written by Louis van Niekerk on 12 January 1999


 

Toe ek ‘n tiener was

Ek onthou die dae toe ek nog ‘n tiener was.
Toe ek nog in my rashvest pas.
Die dae toe ons op die strand geleef het,
En toe ons aan ons meisies gekleef het.

Daai tyd het ons oor niks geworry nie.
Ons het alles gevat soos dit kom,
Ons was gelukkig en dom,
Maar elke surfer was my chom.

Soms dink ek dit was reg om so te leef,
Stres vry en sonder om van alles te weet,
Net om te geniet en die lewe te beleef,
Ons karakters was buite die neut!

Slapchips en hotdogs was ons stapel kos,
Want vroeg die oggend was ons op die strand mos,
Ses ure se swem wat ons so honger los,
Blou-apies kyk hoe ons eet vanuit die bos.

Daar is iets van die see wat ons vry laat voel.
En iets van die grafitti onder die brug.
Met my sonbrille was ek blerrie cool,
En ek stap met my bodyboard op my rug.

Oppad huistoe en ek hoop ek word lucky,
Loop ek nou met my duim in die skemer lug.
Met my board op my rug spring ek agter op ‘n bakkie,
En hy neem my toe huistoe terug.
007


Written by Louis van Niekerk on 02 March 2010


 

Spook

Die goed beweeg!
Dis hierdie en daardie ding.
Maar die huis is leeg…
Dit maak nie vir my sin.

Miskien is dit ‘n gees,
Wat hier wil wees.
Ek wonder waar is hy vandaan?
Seker sy liggaam in ‘n kis.

spook


Written by Louis van Niekerk on 12 August 1998


 

Seerowerskepe

‘n Seerowerskip het eenmaal bestaan,
Met ‘n kaptein met ‘n houtbeen.
En elke keer op ‘n volmaan,
Vermoor hy mense een vir een.

Die seerowers het growwe baarde,
En ou verkrimelde kaarte, vir skatte.
Hulle het ook vlymskerp swaarde.
En oral lê daar kopbeenmatte.

Die skip se hout vloere,
Ruik soos rum en soutwater.
Hulle gee vrouens rowwe soene,
En vermoor hulle weer later.

Maar wat my intereseer,
Is die skatkisse vol goud.
Daarom sou ek meer wil leer
Oor vergane skepe so oud.

Maar die goed lê vergete
En daar is niks wat ons kan maak.
Nou het ons die gewete
Dat die skatte lê en kraak.

sword


Written by Louis van Niekerk on 30 August 2000