Twintig Jarige Akkerboom

Toe ek vyf was,
Het ek ‘n akker gehad.
Ek het hom hom in my tas gehou,
Want ek het hom gekry by ‘n maat.

Hy was so waardevol vir my,
Ek begrawe hom onder die grond.
Maar toe ek hom soek,
Kry ek net ‘n klont.

Vandag is ek vyf en twintig,
En ek ry verby my ou huis.
Ek sien ‘n akkerboom in die erf,
Toe voel my hart weer tuis.

boom


Written by Louis van Niekerk on 12 January 1999


 

Toe ek ‘n tiener was

Ek onthou die dae toe ek nog ‘n tiener was.
Toe ek nog in my rashvest pas.
Die dae toe ons op die strand geleef het,
En toe ons aan ons meisies gekleef het.

Daai tyd het ons oor niks geworry nie.
Ons het alles gevat soos dit kom,
Ons was gelukkig en dom,
Maar elke surfer was my chom.

Soms dink ek dit was reg om so te leef,
Stres vry en sonder om van alles te weet,
Net om te geniet en die lewe te beleef,
Ons karakters was buite die neut!

Slapchips en hotdogs was ons stapel kos,
Want vroeg die oggend was ons op die strand mos,
Ses ure se swem wat ons so honger los,
Blou-apies kyk hoe ons eet vanuit die bos.

Daar is iets van die see wat ons vry laat voel.
En iets van die grafitti onder die brug.
Met my sonbrille was ek blerrie cool,
En ek stap met my bodyboard op my rug.

Oppad huistoe en ek hoop ek word lucky,
Loop ek nou met my duim in die skemer lug.
Met my board op my rug spring ek agter op ‘n bakkie,
En hy neem my toe huistoe terug.
007


Written by Louis van Niekerk on 02 March 2010


 

Spook

Die goed beweeg!
Dis hierdie en daardie ding.
Maar die huis is leeg…
Dit maak nie vir my sin.

Miskien is dit ‘n gees,
Wat hier wil wees.
Ek wonder waar is hy vandaan?
Seker sy liggaam in ‘n kis.

spook


Written by Louis van Niekerk on 12 August 1998


 

Seerowerskepe

‘n Seerowerskip het eenmaal bestaan,
Met ‘n kaptein met ‘n houtbeen.
En elke keer op ‘n volmaan,
Vermoor hy mense een vir een.

Die seerowers het growwe baarde,
En ou verkrimelde kaarte, vir skatte.
Hulle het ook vlymskerp swaarde.
En oral lê daar kopbeenmatte.

Die skip se hout vloere,
Ruik soos rum en soutwater.
Hulle gee vrouens rowwe soene,
En vermoor hulle weer later.

Maar wat my intereseer,
Is die skatkisse vol goud.
Daarom sou ek meer wil leer
Oor vergane skepe so oud.

Maar die goed lê vergete
En daar is niks wat ons kan maak.
Nou het ons die gewete
Dat die skatte lê en kraak.

sword


Written by Louis van Niekerk on 30 August 2000


 

‘n Rivier

‘n Rivier is ‘n ding wat vloei,
Hy was jou wonde wat bloei.
‘n Rivier is ‘n ding wat dink.
En jy kan van sy water drink.
‘n Rivier is baie diep.
As jy daarin swem, kry jy dalk griep.
Jy raak nie aan die selfde water tweekeer nie.
Ons kan baie van ‘n rivier leer hier.
‘n Rivier loop nie opdraende nie.
Want dis ‘n baie lui rivier diè.
Dit vat altyd die maklikste pad
Partykeer doen ons dit ook, skat.

rivier


Written by Louis van Niekerk on 19 December 1998


 

‘n Plek

Waneer ek kyk na die dik wit wolk,
En die groot helderblou lug,
Dink ek aan ‘n plek van ons volk,
En my liggaam gee ‘n sug.

Dis ‘n plek met meer groen en min lawaai,
Meer diere en voëls wat sing,
Meer valleie en koppies so fraai,
Meer bome wat die wind so bring.

Dis die voëls wat ‘n lied vir die Here bring.
Dis nie spesiaal vir die mense gesing.
Vir hulle “pragtige” besoedeling.

Op ‘n ander plek word ‘n dier gejag,
Gelos vir ‘n dag en word nie geslag.
Maar hier is waar die diere vir die mens lag!

diere


Written by Louis van Niekerk on 14 November 2000


 

Oumense

My oupa word 5-uur wakker deur sy wekker,
Hier op sy plaas.
Dan gaan werk hy op sy trekker,
Want hier is hy sy eie baas.

My ouma bak die lekkerste beskuit
En ook die lekkerste tert.
Terwyl sy bak moet sy fluit,
Maar dis die lyding werd!

Saam met ouderdom kom wysheid,
En met jare die grysheid.
Maar waar is die vryheid?

Al sal die liggaam verouder,
Die vel meer verkrimpeld en kouer,
Word die hart net gouer.

sea


Written by Louis van Niekerk on 30 October 2000


 

Ouma Se Kuier

Dit was lekker toe ouma hier gekuier het.
Dit was sommer groot pret.
Al moes ons op die vloer slaap en al daai snert,
Was dit nogsteeds die moeite werd!

Ek hoop ouma het dit hier geniet.
Al het ons so min aangebied.
Ons onthou nog hoe ouma daardie boek lees.
Darem kon ouma weer by ons wees!
Dit was een van die kort kuierkies diè,
Maar dit was nie die laaste nie.

street


Written by Louis van Niekerk on 08 April 1998


 

Oom Buks Botes

Toe ek daar aankom lê hy daar,
Het hy dalk flou geval?
Of is sy lewe klaar?
Dit maak my sommer naar…

Ek luister na sy hartklop,
Maar ek hoor niks.
Toe dink ek hardop,
“Wat is vout met oom Buks?”

Hy lê soos ‘n dooie reus,
Ek trap op sy maag.
Kan hy regtig dood wees?
Dit is my vraag.

Dink net op sy grafsteen:
“Oom Buks Botes”
Toe hoor ek ‘n kreun,
Hy’t gemaak of hy dood is!!!

stat


Written by Louis van Niekerk on 13 December 1998