Ek onthou die dae toe ek nog ‘n tiener was.
Toe ek nog in my rashvest pas.
Die dae toe ons op die strand geleef het,
En toe ons aan ons meisies gekleef het.
Daai tyd het ons oor niks geworry nie.
Ons het alles gevat soos dit kom,
Ons was gelukkig en dom,
Maar elke surfer was my chom.
Soms dink ek dit was reg om so te leef,
Stres vry en sonder om van alles te weet,
Net om te geniet en die lewe te beleef,
Ons karakters was buite die neut!
Slapchips en hotdogs was ons stapel kos,
Want vroeg die oggend was ons op die strand mos,
Ses ure se swem wat ons so honger los,
Blou-apies kyk hoe ons eet vanuit die bos.
Daar is iets van die see wat ons vry laat voel.
En iets van die grafitti onder die brug.
Met my sonbrille was ek blerrie cool,
En ek stap met my bodyboard op my rug.
Oppad huistoe en ek hoop ek word lucky,
Loop ek nou met my duim in die skemer lug.
Met my board op my rug spring ek agter op ‘n bakkie,
En hy neem my toe huistoe terug.
Written by Louis van Niekerk on 02 March 2010