Redding van ‘n Alkoholis (RAP)

Elke dag staan ek op
Met ‘n pyn in my kop
Ek voel baie vrot
En ek dink ooo God
Wat is fout met my?
Ek het daai wyn so gevry
Nou sal ek lê en ly
En hulle sê vir my
Jy moet ophou suip
Maar niemand verstaan nie
Dis nie my ligaam nie
Ons sing nie meer saam nie
Ek is simsom met kort hare
Dop vloei in my are
Dit is die reine waarheid
Red my van die naarheid
Ek bid elke dag
En ek sit en ek wag
Vir die Here in die nag
Mense loop en lag
Maar God praat toe sag
En Hy sê vir my
Aanvaar net my krag
Dit maak jou vry.
Ek maak toe my hande oop
En palms word warm
hitte vloei in my arms
Ek probeer my gevoelens stoei
Maar die trane vloei
Soos wat Jesus bloei
En my wit was
Soos ys in die koelkas

4895_116652906619_5964209_n


Written by Louis van Niekerk on 12 March 2013


 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s