Op my oupa se plaas,
Is daar min geraas.
Hy het varke, beeste en skape,
Hy het perde, maar geen ape.
Al die werkers is perdfris,
Blitz, die perd, is vir my een wat baie werd is.
Want jy moet hom eers vang en dan ry,
En dit is baie lekker vir my!
Daar is ook hase, voëls, pluimvee en honde.
My oupa kry net verskillende kosse vir verskillende monde.
Deemount en Koppie-Aleen is die plase se name,
En die is nie plekke vir ‘n dame.
Almal sal daardie plase will hê,
Maar daar is ook gevare wat daar lê.
Die jakkals en die slang,
Maar wie is nou vir hulle bang?
My maats daar is Nigel en Mornè,
En hulle al twee is oukei.
Die twee plase van Kokstad op hul trone,
Is een van my grootste drome.
Written by Louis van Niekerk on 19 December 1998