My Perd

My ou vriend sal my altyd dra.
Maak nie saak hoe swaar ek raak.
Hy sal ook nooit nie kla,
Al word hy ook hoe vaak.

Hy’t my nodig elke dag,
Saam vat ons die myle aan.
Ek vertrou op sy gespierde mag,
Soos die wind hardloop ons onder die maan.

Van berg na berg ek op sy rug
Trek ons oor die Afrika land.
Onder die warm son en blou blou lug,
Lei ek hom na water oor die droë sand.

Hy help my met my lewens reis,
En met hom is ek nooit alleen.
Hy neem my ver, en bring my tuis.
Altyd saam bly ons geseën.
perd


Written by Louis van Niekerk on 30 May 2010


 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s