Net ‘n Bietjie Wegkom

As ek moeg word vir die lewe in die stad,
En as als net te veel lawaai,
Dan wil ek net ver weg wees van alles
Iewers waar ek die gewig kan aflaai.

Ek wil vars strome sien en watervalle,
Berge tussen die wolke en kranse so hoog.
Die reën wat val op die groen velde,
En wild wat wei onder ‘n reënboog.

Dit is asof natuur jou mens weer genees,
Jou snye en wonde als heelmaak.
In die volle teenwoordigheid
Van God se skepping juig jou gees!
wildbanana


Written by Louis van Niekerk on 20 December 2009


 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s