Ek is in ‘n woestyn,
En hier lê ‘n kis.
My kop pyn,
En ek weet nie waar ek is…
Ek maak die kis oop,
Daar lê iets om te drink!
Dit lyk half bruin,
Maar goed genoeg, ek dink…
Ek probeer dit vat,
Maar my hand gaan reg deur!
Ek sien dit tog daar?
Wat kan my keer…
Ek maak my oë toe,
En tel tot by tien.
Toe ek dit weer oop maak,
Kon ek dit nie meer sien…
Written by Louis van Niekerk on 12 January 1999