Maak Tenminste Sin

Ek sit en lees op Roekeloos
Die gedigte afdeling.
Man ek moet sit en bloos,
Want van die woorde het nie mening.

Mense skryf ‘n klomp stront,
En gooi net woorde rond.
Ek wil hoor van buur en biltong
En ‘n lekker groot plaashond.

Maar mense skryf Kwaai
Van kerkhoenders wat draai,
En hael wat jou laat verdwaal.

Mense asseblief maak sin,
Ons volk was al deur dik en dun.
Sekerlik is daar iets om te vertel,
‘n Storie wat jou hart laat versnel.

Grafeer nou alles op die internet
Maar net goed wat ons nodig het
Julle kan ons taal onderhou
En miskien nog groter bou.

Ek hoop net ons kultuur
sal in elke een se hart inbrand
soos ‘n ewige vuur.
plaasi


Written by Louis van Niekerk on 20 May 2007

Geskryf vir die Afrikaanse Website http://www.roekeloos.co.za/ se gedigte afdeling.


 

Lente

Lente laat my dink aan prente.
Blomme, bloeisels, varslug en dou,
Is soos mense wat vrugte kou.

Orals broei kuikens uit,
Dan hoor jy net voëltjies fluit.
Maak oop jou oë en ore,
Want diere word gebore.

Los die TV prente,
Kyk uit die venster na die lente.

lente


Written by Louis van Niekerk on 17 September 1997


 

Kampvuur

Dit is vroeg die aand,
In ‘n somer maand
En ons sit hier om die vuur.

Ons drink soet wyn
En praat oor die pyn,
Want die lewe voel so duur.

Ek hoor ‘n wysie,
Oor ‘n verlore meisie
En ek gluur na die gloeiende kole.

Ek sien die son sak
Agter ‘n doring tak
En ek voel weer soos tevore.

Wat ek hou van hier,
Is die koue vuur
En die rustige nag geluide.

Hierdie lewens kos
Kry ek net in die bos
In ons land van die suide.

fire


Written by Louis van Niekerk on 03 June 2010


 

Jou Rekenaar

In die nuwe millenuim gaan al die rekenaars vries.
As jy twee keuses het, wat sal jy kies?
Om jou rekenaar reg te laat bou,
Of om dit langs ‘n verwarmer te hou?

man


Written by Louis van Niekerk on 20 September 1998


 

In Die Bosveld

In die bos sien elke dier toe,
Dat alles reg lyk, reg voel, reg proe.

Die water van die meer,
Word gebruik om vuur te keer.
Dit is die werk van die tier,
Om die bos veilig te hou van vuur.

Die werk van die lawwe aap,
Is om mak diere te keer soos ‘n skaap.
Sênou daar kom ‘n bees,
Dan is dit ook werk vir ‘n kees.

Die werk van die perdeby,
Is om te sorg dat mense wegbly.
Ja, jy is seker reg!
As die werk gedoen is, hardloop hulle weg.

Die werk van die kwagga,
Is om plante te verwyder soos dagga.
So maak die zebra gereed,
Dat die diere enige iets kan eet.

Sê nou vir my ‘n dier is dom,
Dan lieg jy vir my met jou tong.
‘n Dier is ‘n ding met ‘n slimkop,
Kyk hoe pas hulle, hulleself op!

bos


Written by Louis van Niekerk on 16 September 1998


 

‘n Heks

‘n Heks is in ‘n verlate kasteel.
Sy eet ‘n gebraaide rot.
‘n Heks is swart.
Sy is donderweer met ‘n lat.
‘n Heks is in die winter so siek.
Sy is in ‘n fliek.
‘n Heks het ‘n lang punt hoed.
Sy het besems en baie goed.
heks


Written by Louis van Niekerk on 14 May 1997


 

Groot Geluk

Om te werk in ‘n myn, op lang termyn.
Is die grootste lyn van ‘n man se pyn.

Die swoeg, sweet, nog ‘n klip, nog ‘n klont,
En dit honderde meters onder grond.
Sê nou iets gebeur en die plek ontplof,
Dan is ek klaar begrawe onder klip en stof.

Die steenkool lê hope in ‘n ry;
Vergete, want ‘n diamant is gekry!
Opskrifte: “Diamant in steenkoolmyn!”
Mense op steenkoolhope soek nou fyn.

Van arme steenkool myn,
Na ryke diamante tuin!

Almal kry verhoging nou,
Want diamante word oral beskou!
Van arme steenkool gek,
Word ryke, belangrike ek!

ring


 

Gevaarlike Rivier

Die rivier vloei van die hoogste kruine,
Verby die bosse en groen duine.
Die bokke drink van sy rowwe water,
Maar die krokodille kry hul weer later.
Visse vang die watergoggas net so!
En die visarend kom van hoog bo.
Die ystervark wil ook nou drink.
En die honger leeu moet nou twee keer dink.

Die rivier kom nou by die middelsteloop.
Dis waar die bobbejane hulself doop.
Die voëls sit en bad en skater,
In die rivier se rustige water.
Die buffels swem ook op die warm dag,
Hulle hardloop stroom op met al daardie krag.
Die vos skrik en kies die haas se pad,
En kruip weer diep in sy gat.

Die rivier vloei by sy laaste staduim.
Dit is waar ons die hartseer waarneem.
Die rivier is nou naby sy dood,
Maar nogsteeds so rustig en groot.
Olifante, renosters, sebras wat hier swem,
Leeus, luiperds en wildehonde ongetem.
Haaie en krokodille wat oor die mond waak.
Dit is wat die rivier gevaarlik maak.

rivier (1)


Written by Louis van Niekerk on 23 November 2000


 

Droom

Al droom ek nie baie nie,
Weet ek dis ‘n fantasie.
Partykeer word drome waar,
Maar dis ook baie raar.

Jozef kon baie drome uitlê,
En vir mense sê wat die Here wil hê.
Ek wens ek kon droom elke keer as ek slaap.
Dan hoef ‘n mens nooit weer ‘n boek oop te maak!

‘n Droom is ‘n snaakse ding,
Wat die slaap vir ons bring.
Niemand kon dit al beheer nie,
En ook nog nie keer nie.

As jy moeg word en gaap,
Maak jou oë toe en slaap.
Laat jou brein jou neem op ‘n fantasie,
Wat jy nog nooit gehad het nie!

Dank die Here op sy troon,
Dat aardse mense kan droom!

droom


Written by Louis van Niekerk on 15 September 1998