Dit is vroeg die aand,
In ‘n somer maand
En ons sit hier om die vuur.
Ons drink soet wyn
En praat oor die pyn,
Want die lewe voel so duur.
Ek hoor ‘n wysie,
Oor ‘n verlore meisie
En ek gluur na die gloeiende kole.
Ek sien die son sak
Agter ‘n doring tak
En ek voel weer soos tevore.
Wat ek hou van hier,
Is die koue vuur
En die rustige nag geluide.
Hierdie lewens kos
Kry ek net in die bos
In ons land van die suide.
Written by Louis van Niekerk on 03 June 2010