Die rivier vloei van die hoogste kruine,
Verby die bosse en groen duine.
Die bokke drink van sy rowwe water,
Maar die krokodille kry hul weer later.
Visse vang die watergoggas net so!
En die visarend kom van hoog bo.
Die ystervark wil ook nou drink.
En die honger leeu moet nou twee keer dink.
Die rivier kom nou by die middelsteloop.
Dis waar die bobbejane hulself doop.
Die voëls sit en bad en skater,
In die rivier se rustige water.
Die buffels swem ook op die warm dag,
Hulle hardloop stroom op met al daardie krag.
Die vos skrik en kies die haas se pad,
En kruip weer diep in sy gat.
Die rivier vloei by sy laaste staduim.
Dit is waar ons die hartseer waarneem.
Die rivier is nou naby sy dood,
Maar nogsteeds so rustig en groot.
Olifante, renosters, sebras wat hier swem,
Leeus, luiperds en wildehonde ongetem.
Haaie en krokodille wat oor die mond waak.
Dit is wat die rivier gevaarlik maak.
Written by Louis van Niekerk on 23 November 2000