Droom

Al droom ek nie baie nie,
Weet ek dis ‘n fantasie.
Partykeer word drome waar,
Maar dis ook baie raar.

Jozef kon baie drome uitlê,
En vir mense sê wat die Here wil hê.
Ek wens ek kon droom elke keer as ek slaap.
Dan hoef ‘n mens nooit weer ‘n boek oop te maak!

‘n Droom is ‘n snaakse ding,
Wat die slaap vir ons bring.
Niemand kon dit al beheer nie,
En ook nog nie keer nie.

As jy moeg word en gaap,
Maak jou oë toe en slaap.
Laat jou brein jou neem op ‘n fantasie,
Wat jy nog nooit gehad het nie!

Dank die Here op sy troon,
Dat aardse mense kan droom!

droom


Written by Louis van Niekerk on 15 September 1998


 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s