Die Vloed

Die aarde word koel,
Wolke wat oor die aarde spoel.
Mis teen die berghange,
Die son lê ver verlange.
Die reën kielie die land.
Dit blus enige vuur of brand.

Oorvloeiende riviere,
Weggespoelde mure.
Baie mense op dakke,
En drywende takke.

Water lei tot mense se dood,
Maar party ontsnap met ‘n boot.
Reddingshelpers oral rond,
Soek na siekes, dooies en gewond.

Maar na ‘n paar dae kom die son uit,
En voëltjies begin weer fluit.

vloed


Written by Louis van Niekerk on 03 September 1999


 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s