Maak Tenminste Sin

Ek sit en lees op Roekeloos
Die gedigte afdeling.
Man ek moet sit en bloos,
Want van die woorde het nie mening.

Mense skryf ‘n klomp stront,
En gooi net woorde rond.
Ek wil hoor van buur en biltong
En ‘n lekker groot plaashond.

Maar mense skryf Kwaai
Van kerkhoenders wat draai,
En hael wat jou laat verdwaal.

Mense asseblief maak sin,
Ons volk was al deur dik en dun.
Sekerlik is daar iets om te vertel,
‘n Storie wat jou hart laat versnel.

Grafeer nou alles op die internet
Maar net goed wat ons nodig het
Julle kan ons taal onderhou
En miskien nog groter bou.

Ek hoop net ons kultuur
sal in elke een se hart inbrand
soos ‘n ewige vuur.
plaasi


Written by Louis van Niekerk on 20 May 2007

Geskryf vir die Afrikaanse Website http://www.roekeloos.co.za/ se gedigte afdeling.


 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s