Die Vloed

Die aarde word koel,
Wolke wat oor die aarde spoel.
Mis teen die berghange,
Die son lê ver verlange.
Die reën kielie die land.
Dit blus enige vuur of brand.

Oorvloeiende riviere,
Weggespoelde mure.
Baie mense op dakke,
En drywende takke.

Water lei tot mense se dood,
Maar party ontsnap met ‘n boot.
Reddingshelpers oral rond,
Soek na siekes, dooies en gewond.

Maar na ‘n paar dae kom die son uit,
En voëltjies begin weer fluit.

vloed


Written by Louis van Niekerk on 03 September 1999


 

Die Strand

Op die strand kan jy lekker baljaar!
Kyk hoe lekker swem die kinders daar.
Kyk daardie tannie, dié vette!
Gelukkig vir haar is daar haainette.

Die sambrele staan oral op die sand,
Want dis ‘n warm dag op die strand.
Dis net vakansie gangers, wie anders?
Want hulle sit net en kyk na die branders…

Die plaaslike mense swem mos doer,
Dis hulle wat daar binne boer.
‘n Dag by die strand is baie lekker vir my!
En sal graag vir ewig hier wou bly.

strand


Written by Louis van Niekerk on 20 November 2000


 

Die Gevaarlike See

Die see is ‘n lekker mater,
Maar sy gevaarlikste is die water.
Hy kan ‘n rowwe man wees.
Jy moet weet hoe om sy golwe te lees.

Die see kan jou insluk, maklik honderd meter diep,
As jy daar uitkom is die ergste nie net griep!
Eerste voel jy soos ‘n vis,
Maar as iemand jou vind dan lê jy in ‘n kis.

Nou lê jy vry op die oseaan.
Waarna sal jy gaan hiervandaan?
Dalk na Hawai, in die son lê en bak!
Maar as iemand jou vind lê jy in ‘n sak.

Om onder grond te wees is jou grootste vrees,
Want daar sal niks vir jou lekker wees.
Lê liewer hier en rus,
Al word jy kos vir ‘n vis!

see


Written by Louis van Niekerk on 12 March 1999


 

Dertien

Om dertien te wees is puik,
Want nou kan ek meer flieks kyk.
Ek kan later gaan slaap soos ‘n voël in sy nes,
En ek is in ‘n hoër standerd van al die res.
Wie kyk vir die meisies se oë wat so mooi lyk?
Dis die bene waarvoor ‘n mens nou kyk.

Nou sit ek in die kerk,
En dink aan al my werk.
Kar was, huis uitvee en skottelgoed was.
Dis nie wat ‘n dertienjarige pas?
En wat van al die puisies?
Selfs op die meisies!
Hoekom is die seuns se stemme besig om te kraak?
Selfs my eie stem is besig om so te maak!!

dertien


Written by Louis van Niekerk on 27 June 1998


 

Darwin

‘n Aap is dan so dom,
Hoe kan ‘n mens van ‘n aap af kom?
‘n Mens was ‘n aap??
Hulle kan maar daaroor slaap.
Party mense lyk soos apies,
Maar hulle is mense knapies.
‘n Mens is dan so mooi,
‘n Mens kom nie van ‘n aap,
DIS STROOI!
darwin


Written by Louis van Niekerk on 08 June 1998


 

Dankie

Dankie vir ons ouers Here,
En help ons deur die dag.
Dankie vir ons kos en klere,
En bewaar ons deur die nag.

Laat U kinders gelukkig lag,
En jammer vir ons stoutigheid.
Aan U kom al die krag,
En al die heerlikheid!

Amen

dankie


Written by Louis van Niekerk on 14 September 1998


 

Boeke

Boeke is dik en boeke is dun.
Party mense het baie, party mense het min.
Oral is ‘n boek.
So jy hoef nooit te soek.

Daar is boeke van liefde,
En boeke van haat.
Daar is boeke van lewe,
En boeke oor ‘n maat.

Bie belangrikste boek is die Bybel,
Dit beskerm jou van die duiwel.

boeke


Written by Louis van Niekerk on 18 September 1997


 

Baklei

Ek en my broer baklei
Dis mos hy wat begin
Skop, slaan en stry
Dis nou vir jou ‘n ding

Hy het my koeldrank gevat
Wat bedoel is vir my
Hy kan mos sy eie skink
Maar hy is te lui.

Hy sê dis sy glas
En die inhoud moet syne wees
Maar ek sê sy kop raas
En slaan hom op sy neus

Al sit iemand ‘n stuk klei
Daar op die vuil vloer
Dan sal ons daaroor stry
en ‘n hou of twee uitvoer.
baklei


Written by Louis van Niekerk on 02 September 1998


 

‘n Arme Swerwer

Voor die vuurtjie wat flikker flakker,
Laat die aand sit ek wakker.
Voor my tent, onder die maan en sterre,
Sit net ek en my twee pêrde.

Ek dink so treurig terug na my lewe,
Waar ek al was en waarna ek strewe.
Ek dink aan al die hartseer, die treur en sleg.
Ek dink aan al die blydskap, die goeie en reg.

My ysterketel kook voor my op die kole.
‘n Lang, swaar pad lê voor my more.
Van berg na berg sal ek reis,
Want dis waar ek slaap, dis my huis.

Ek bid tot die Here en vra Hom om my te red,
Van hierdie suinige aarde wat my verstoot het.
Ek bid ook vir vreugde vir al die ander mense,
En vir myself, die waar word van wense.

arme


Written by Louis van Niekerk on 21 June 2001


 

Adam en Eva

Man en vrou stap in die tuin,
Nuut tot mekaar en die natuur.
Saam eet hulle vrugte groot en klein,
Bessies van soet tot suur.

Ontwetend kaal soos kinders.
Hulle speel tussen die plante,
Tussen blomme en vlinders.
En studeer die tuin van alle kante.

Die skepper kyk na hulle dag na dag.
Hy hou daarvan as hulle glimlag.
En bewaar oor hulle deur die nag.
Hy gee toe vir hulle ‘n opdrag:

Eet van alles wat julle kan,
Die middelste boom bly net weg.
Want daardie vrugte se plan,
Laat weet van verkeerd en reg.

Die sluwe slang seil nader
En vertel van die vrug van lewe.
Moenie luister vir julle Vader,
Hy wil nie hê julle moet strewe.

Nuuskierigheid begin oor hulle spoel,
Vrou wou net die vrug met haar tong voel.
Hul eet in die boom se skadu so koel.
Die vrug was nie vir hulle bedoel.

Die Skepper moes hulle nou tug,
Want hulle het gesmul aan die vrug.
Die man en vrou was ongehoorsaam,
Vandag nog gestraf bly hulle saam…
adam


Written by Louis van Niekerk on 27 May 2010