Man en vrou stap in die tuin,
Nuut tot mekaar en die natuur.
Saam eet hulle vrugte groot en klein,
Bessies van soet tot suur.
Ontwetend kaal soos kinders.
Hulle speel tussen die plante,
Tussen blomme en vlinders.
En studeer die tuin van alle kante.
Die skepper kyk na hulle dag na dag.
Hy hou daarvan as hulle glimlag.
En bewaar oor hulle deur die nag.
Hy gee toe vir hulle ‘n opdrag:
Eet van alles wat julle kan,
Die middelste boom bly net weg.
Want daardie vrugte se plan,
Laat weet van verkeerd en reg.
Die sluwe slang seil nader
En vertel van die vrug van lewe.
Moenie luister vir julle Vader,
Hy wil nie hê julle moet strewe.
Nuuskierigheid begin oor hulle spoel,
Vrou wou net die vrug met haar tong voel.
Hul eet in die boom se skadu so koel.
Die vrug was nie vir hulle bedoel.
Die Skepper moes hulle nou tug,
Want hulle het gesmul aan die vrug.
Die man en vrou was ongehoorsaam,
Vandag nog gestraf bly hulle saam…
Written by Louis van Niekerk on 27 May 2010