Ek en my broer baklei
Dis mos hy wat begin
Skop, slaan en stry
Dis nou vir jou ‘n ding
Hy het my koeldrank gevat
Wat bedoel is vir my
Hy kan mos sy eie skink
Maar hy is te lui.
Hy sê dis sy glas
En die inhoud moet syne wees
Maar ek sê sy kop raas
En slaan hom op sy neus
Al sit iemand ‘n stuk klei
Daar op die vuil vloer
Dan sal ons daaroor stry
en ‘n hou of twee uitvoer.
Written by Louis van Niekerk on 02 September 1998