Om dertien te wees is puik,
Want nou kan ek meer flieks kyk.
Ek kan later gaan slaap soos ‘n voël in sy nes,
En ek is in ‘n hoër standerd van al die res.
Wie kyk vir die meisies se oë wat so mooi lyk?
Dis die bene waarvoor ‘n mens nou kyk.
Nou sit ek in die kerk,
En dink aan al my werk.
Kar was, huis uitvee en skottelgoed was.
Dis nie wat ‘n dertienjarige pas?
En wat van al die puisies?
Selfs op die meisies!
Hoekom is die seuns se stemme besig om te kraak?
Selfs my eie stem is besig om so te maak!!
Written by Louis van Niekerk on 27 June 1998