Daar Teenoor Hier

Ek verlang na die Drakensberge,
Die yslike rotse en boesmangrotte
Beskillderd met diere merke

In Diep skeure deur die grond
Hardloop dassies oral rond

Die klanke van ossewaens
Se kreune oor die stene
Ego in die masiewe krans

‘N trek op na Sani pas se Kant
Bring potbrood in modderhutte
Op die Boomlose platorand

Ek Ry op ‘n perd se rug
Deur sagte vlaktes
Verby watervalle
Wat die hoogtes ontvlug

————————————————————

Maar hier is die almagtige alpe,
Oor Europa uigestrek
En bewaar deur die noordlike valke

Tradisies van honderde jare
Gestrek oor 5 lande
Vloei nog in my are

Volkmusiek in die bergkroeg
Duitse bier en sneeu
Kaggelvure brand Al vroeg

Die immergroen Wilde kersbome
Omsingel die snoesige houtkamers
En watervalle van ver strome

Ek hoor die koeie met klokke
Hulle wandel in die hoogste pieke
Tussen die wilde bergbokke

Ons voorouers ski snellig verby
Oor spierwit sneeu wat strek vir myle
Dis so skoon en pragtig vir my.

17155690_10154478256441608_6549221199641103620_n


Written by Louis van Niekerk on 05 January 2016


 

One thought on “Daar Teenoor Hier

  1. Mens is eienaardig. Sit soms so in die vreemde en wonder oor Afrikaans. Hoe het ek op jou afgekom? kan self nie onthou nie. …moet sê, ek het die geniet. en waardeer. gehoor en gevoel.

    Baie dankie

    Like

Leave a comment